Die Shebna1 inskripsie.
Die inskripsie was gevind in 1870, deur C. Clermont Ganneau, bokant die ingang van 'n uitgekapte-klip kamer graf net buitekant Jerusalem. Nietemin was dit eers ten volle ontsyfer teen 1953, deur N. Avigad. Dit was hoofsaaklik omrede die uitermatige rowwe oppervlak die karakters baie moeilik gemaak het om te sien. Hulle is gemerk met wit pigment om dit meer sigbaar te maak.
Die skripsie kan gedateer word tot die sewende eeu V.C. en die taal is standaard Hebreëus. Dit lees (boonste lyn van regs na links): 'Hierdie is [die graf van] ...iah, wie oor die huis...'. Dit gaan aan om te sê dat daar geen goud daar is nie, slegs sy bene en die bene van sy diensmeisie, en sluit af deur enige man wie dit open, te vervloek.
Die frase 'wie oor die huis' word gevind in die Ou Testament as die benoeming van 'n offisiële pos wat blyk te verhoog het in belangrikheid deur die eeue heen. Eerste was dit toegepas as 'n soort van 'n paleis administrateur2, daarna 'n offisier met politieke verantwoordelikhede3, en teen die sewende eeu V.C. as 'n senior minister in die koningryk. Volgens die Ou Testament was die koninklike tesourier in die tyd van koning Hezekiah van Judah (715-687 V.C.) genoem Shebna1; hy was oor die koninklike huis aangestel4. Hy is tereggewys deur die Heer GOD van die leërskare d.m.v. Isaiah omdat hy vir homself 'n te uitspattige graf gebou het. Alhoewel die naam deels vernietig is hier, is dit moontlik dat die inskripsie kom van hierdieselfde graf van Shebna1: Shebaniah5,6 is 'n voller vorm van dieselfde naam.
Verder in die ou testament word verwys na Shebna1 as die koninklike skriba7, dus was hy heelwaarskynlik in 'n laer pos geplaas deur koning Hezekiah wie 'n baie hoë respek vir Isaiah gekoester het.
Verwysings:
Die grootste gedeelte van die teks is versamel vanuit "The Bible in the British Museum, Interpreting the evidence." deur T.C. Mitchell, 2004 uitgawe, Dokument 29, bl. 65.
- Shebna: Van 'n ongebruikte bronwoord wat beteken "om te groei". (Strong's exhaustive concordance of the Bible, bl. 112, Hebreëuse woord 7644.)
- I Konings 4:6; 16:9
- I Konings 18:3-4
- Isaiah 22:15-25
- Nehemiah 9:4,5
- Shebaniah: Van dieselfde oorsprong as Shebna(H.w. 7644, Strong's.), wat beteken "Jah het laat groei (m.a.w. floreer)". (Hebreëuse woord 7645, bl. 112, Strong's exhaustive concordance of the Bible.)
- II Konings 18:18,26,37; 19:2
Isaiah 36:3,11,22; 37:2