Lachish.
Klip panele van die Suid-Westerlike Paleis van Sennacherib (Kamer 36, Britse Museum)
Neo-Assiries, 700-681 VC vanaf Nineve, noord Irak.
In 2 Konings 18 en 19 lees ons van Sennacherib, die Assiriese koning wat Israel en Juda inval. Israel heeltemal wegvoer in balingskap, en dan sy fokus draai op Hezekiah (Hiskia), koning van Juda, wat teen hom rebelleer. Sennacherib trek op teen Lachish en stuur troepe om Jerusalem, die hoofstad, in te val. Na 'n gebed tot die HEER deur Hezekiah, laat weet die profeet Isaiah (Jesaja) dat God Jerusalem sal verlos. Daardie nag verslaan die Engel van die HEER 185 000 man. Sennacherib sê nie 'n woord hieroor nie, maar vertel slegs op die 'Taylor Prisma' dat hy vir Hezekiah soos 'n voeltjie in 'n koutjie opgesluit het in Jerusalem en dat Hezekiah aan hom geskenke van goud gegee het.
Ter ondersteuning van die Bybel word die groot vraag nou gevra: Waarom Senacherib so groot bohaai gemaak het omtrent Lachish, dat hy selfs groot muur-beelde daarvan gemaak het maar byna doodstil was oor Jerusalem.
Lachish (die moderne Tell ed-Duweir) was 'n belangrike versterkte stad wat 'n strategiese posisie in die Shephelah, of laë-lande van Juda beset het, dertig myl suid-wes vanaf Jerusalem. Die inkomende Israeliete onder leiding van Joshua het Lachish oorgeneem op die tweede dag van die besetting en dit 'verslaan met die rand van die swaard' (Joshua 10:32), toe aangegaan sonder om die stad te verbrand (Joshua 11:13). Koning Rehoboam het Lachish versterk 'n bevelvoerende offisier daar gestasioneer en noodsaaklikhede en olie en wyn en skilde en spiese daar geberg. (II Kronieke 11:9-12). Gedurende opgrawings te Nineveh in 1850 het Henry Austin Layard gevind dat van al die ses-en-veertig stede verower deur Sennacherib gedurende sy beroemde veldtog na Sirië en Israel in 701 VC, Lachish blyk die bron te gewees het van sy grootste trots. Op sy terugkoms na Nineveh, het Sennacherib sy kunstenare en beeldhouers gekry om sy inval van Lachish op sy paleis se mure te verewig in dertien panele, wat waneer saamgevat, een van die mees ekstensiewe en uitspattige stryd panoramas uitmaak wat ooit utgevoer is.
Hierdie alabaster paneel was deel van die reeks wat die mure van 'n kamer versier het in die paleis van Koning Sennacherib (het regeer 704-681 VC). Baie van die kamers in die paleis het soortgelyke tonele van oorwinnings, maar hierdie reliëf was geplaas binne-in 'n baie belangrike vertrek, waarskynlik beset deur 'n hoë amptenaar. Die reeks is sekerlik een van die beste voorbeelde van militêre vertellende kuns van Sennacherib se heerskappy. Dit is die eerste oorblywende toneel. Dit toon die Assiriese aanval en oorname van Lachish, 'n stad binne-in die koningryk van Juda. Teen die tyd dat Sennacherib op die troon gekom het, was baie van die Nabye-Ooste onder Assiriese beheer. Alhoewel, in 701 VC was hy gekonfronteer met 'n groot rebellie deur sommige westerse state, insluitende die koningryk van Juda. Hy die neerslag van sy koällisie beskryf in kuneivorm tekse, alhoewel 'n korrekte oogpunt opgeteken is in die Ou Testament. (2 Konings 18-19; 2 Kronieke 32:1-23) Die Assiriese artillerie word getoon hoe hul opmars na Juda. Assiriërs, wie gepunte helms dra, en verskeie reserwe troepe beweeg deur die ruwe, heuwelagtige grond van Juda (verteenwoordig op die reliëf met die agtergrond van skub-patrone). Die toneel van die aanval begin op die regter kant.
Klik op die fotos om groter weergawes af te laai.